(Jwplayer)

February 29, 2016

#ATTACK: Seriously Injured: Young man, Jacques Smith was attacked on the Sun City Road

#StopWhiteGenocideInSA

Jongman aangeval op Sun City pad...geen verdere inligting nie.

Jacques Smith ·
Share die k@k uit my stukkende gesig laat almal sien hoe val hulle mense aan op die Sun City pad...'every dog has its day.'

Jacques Smith

Eks ok mense 'ct scan' vir die brein is skoon ek het nog my brein, so se die scan :)  lol morfene is shap ogies maar seer, neus is gebreek kake bene is maar styf tande is heel my mond geen sere binne nie, f#kken goed slaan pateties man f#kken gemors kan my nie eers uit geslaan het nie en het ook nie terug baklei nie was tussen 4-6 ek wil se mense maar nou ja... 'Fire arm competency en lisence'... hier kom ons
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1328717290488146&id=116298045063416&fs=0




‘Hulle het my amper doodgeslaan’

Jacques Smith is byna doodgeslaan in Rustenburg. Foto: Facebook.
Jacques Smith is byna doodgeslaan in Rustenburg. 

Rooihuiskraal inwoner Jacques Smith het Sondagaand byna sy lewe verloor toe hy deur ’n bende by ’n stopstraat in Rustenburg geslaan en beroof is.

Smith was Sondagaand van Sun City na Kemptonpark via Phokeng op pad toe hy by ’n stopstraat stilhou.

“Toe ek weer sien, hardloop vyf of ses ouens na my bakkie toe en ruk my uit,” vertel Smith.

“Hulle het my verskriklik hard met ’n sambok geslaan en my geskop.”

Die aanval is deur die polisie stopgesit.

Die bende beweer toe dat Smith hulle beeste wou steel.

Op Smith se aandrang is hy in die polisievoertuig na die polisiekantoor gebring.

Elkeen het ’n verklaring afgelê om te sê dat Smith hul beeste probeer steel het.

Sy pa Willy het van Kemptonpark na Rustenburg af gejaag om hom te kom haal.

“Toe ek daar aankom, het die polisie die aanvallers laat gaan, maar aan my gesê hulle weet sommer die ouens praat twak. Ons is ook laat gaan,” vertel Willy.

“Toe ek Jacques terug in sy bakkie laai, het ek iets eienaardig gesien,” sê Willy.

Die ewenaar van Smith se Ford Ranger was toegedraai in doringdraad.

“Ek het toe saam met die polisie gesit en die draad afgeknip,” sê Willy.

“Dis toe ons besef dat dit eintlik ’n lokval was en dat Jacques toevallig net nie die doringdraad gesien het nie. Ons het toe ook ontdek dat die mans ook R2 000 uit sy beursie gesteel het.”

Willy het sy seun na Linmed-hospitaal in Benoni gehaas, waar hy op die oomblik is.

Sy neus is gebreek en hy het moontlik nierskade opgedoen. Hy het ook verskeie snywonde aan sy lyf en gesig.

“Ek voel nog verskriklik. Daai ouens het my goed geslaan,” sê Smith.

“Ek het net ongelukkig nie veel vertroue dat die polisie die ouens gaan vastrek nie. Ek wil graag net hê ander mense wat daar ry paraat moet wees. Ek wil nie hierdie vir iemand anders hê nie.”

Smith is ’n elektriese kontrakteur en werk vir homself. Hy sê hy is sonder inkomste tot tyd en wyl hy herstel het.

http://rekordcenturion.co.za/77352/hulle-het-my-amper-doodgeslaan/

#StopWhiteGenocideInSA